Die doel met hierdie e-boek is om ‘n bewustheid van die kwessies, omgewing en behoeftes van die mense in Lubumbashi te kweek en spesifiek Christene wereldwyd te motiveer om betrokke te raak.  Dis belangrik dat ons strukture skep waardeur ons mede-Christene in en om Lubumbashi ondersteun en ontwikkel kan word om hulle te bemagtig sodat hulle die plaaslike kerk kan onderhou en uitbou.  Hierdie strukture kan moontlik  landbou-, gesondheids- en opvoedkundige inrigtings vir die Gereformeerde Kerk in die DRK insluit.

Paulus het gelowiges gemotiveer om hulle broers en susters in veraf gemeentes wat hulp nodig het, by te staan.  Kom ons doen dit!

  – Chris  Joubert

174 bladsye gepak met foto’s van die mense van Lubumbashi en die kwessies, omgewing en behoeftes waarmee lidmate van die EGLISE REFORMÉE CONFESSANTE AU CONGO daar moet handel.

Beskikbaar in Afrikaans en Engels, en moontlik eendag in Frans en Nederlands.  Kliek HIER om te bestel.

Die opbrengs van hierdie boek word aangewend vir ’n studiefonds vir kinders van die EGLISE REFORMÉE CONFESSANTE AU CONGO in Lubumbashi.  Laai dit nou af of stuur ‘n e-pos aan joubertc@iafrica.com vir die CD-weergawe.

hit counter